free web hosting | website hosting | Business WebSite Hosting | Free Website Submission | shopping cart | php hosting

Mnr. H.L. du Toit
deur Mej. N. van der Merwe

Hy is in Jacobsdal gebore en het daar groot geword en is getroud met n skotse dame, Mej. Jessie Fraser. Hulle het op Mimosa, Naby Michville, Soutpan gewoon.(Michville is n kombinasie van name van die twee destydse eienaars, Michaellis en De Villiers)
Gedurende die boere - oorlog was hy n telegrafis en is by Magersfontein gevange geneem. Onder beskerming van sy skoon vader - John Moir Fraser van Modderrivier - is hy toe vrygelaat op parool en moes gereeld op Kimberley gaan rapporteer.
Na die oorlog het hulle teruggekom na die plaas waar alles afgebrand en verwoes was, sodat hulle in tente moes woon.Oom Hendrik het begin om huise te bou vir hom en sy werkers. Daar is ook n skool, asook n biblioteek opgerig.
Mnr.  H.L.du Toit het diamante gedelf, was n goeie spekulant en n uitstekende sakeman. Deur sy sakevernuf was hy spoedig na die oorlog n vermoŽnde man,wat altyd gereed was om mindergegoedes te help.
In S.W.A. het hy n plaas gehad van 28000 morge en plase naby Heuningneskloof van oor die 22000 morge. Al sy bywoners en plaaswerkers is met groot respek behandel en  almal  is welaf vandag.Ook het hy  drie soutpanne besit, talle winkels en een hotel op Heuningneskloof. In Wellington het hy ook n plaas besit.
Omdat - soos hyself gesÍ het - hy nie een dag se skool gehad het nie, het hy graag jongmense gehelp. So het hy 23 jongmense laat leer, verskeie waarvan hy oorsee laat gaan het om te studeer.Hy was altyd nederig, het baie gelees, baie boeke besit en sy werknemers n kans gegee om vooruit te kom in die lewe.Van sy vier kinders leef nog net sy enigste dogter. Sy is Mev. Violet van Graan en is nog baie aktief, en n merwaardige ou dame


Uitreksel uit:
N G Gemeente Modderrivier-Ritchie se Kwarteeufeesblad.   3-4 Mei 1975

Tuisblad/Die eerste du Toits/Wie kan help