free web hosting | website hosting | Business Hosting Services | Free Website Submission | shopping cart | php hosting

Wie Kan help?

Beste Pieter,
Ek is opsoek na n  vriend, Christo du Toit. Ons was saam in Bloemfontein op skool en het saamgewerk by Bloemfontein Motors. Sy ouers is albei oorlede, hulle was George & Sannie du Toit. van Christo se broers en susters was: Elsa, Maruis en George. Christo het in n staduim in Carnavon as motorwerk-
tuigkundige gewerk.
Enigiemand wat vir Christo of sy sibbe ken, kan vir my (George) asb. kontak by 082 441 7022  of epos gwolvaardt@lando.co.za
Jou "Wie kan help"- idee is uitstekend!
Dankie
Groete
George Wolvaardt

Goeie dag!
Ek het op julle Internetblad afgekom in Die Knoop en het bietjie rondgekyk daarop. Miskien sal dit moontlik wees om die stamboom verder uit te brei na ander takke van die Du Toit familie. Ek is 'n nooi Du Toit en het al verskeie stories gehoor oor my voorsate. Hier is die inligting wat ek nog kan onthou en wat betrekking het op my eie gesin. My broer is Willem Hendrik du Toit gebore 22 Augustus 1974. Ek self is Adéle Coetzee (gebore du Toit) gebore 30 April 1973.
My pa is Willem Hendrik du Toit gebore 24 September 1947(?). My ma is Lydia Maria du Toit (Daniels) gebore 11 Mei 1949(?).My pa het een broer, Louis Johannes du Toit en een suster Helen du Toit, nou getroud.
My oupa is ook Willem Hendrik du Toit alhoewel hy blykbaar geregistreer is as William Henry du Toit. Hy is in 1990 oorlede en was om en by 77 wat beteken hy is seker in 1913 gebore. My ouma is Johanna Elizabeth du Toit (gebore Nel) en leef nog.
Blykbaar was Andries du Toit, landdros of landmeter van Pretoria, in ons voorgeslag. Andriesstraat en DuToit straat is na hom vernoem. Verder het die koppie waarop die Uniegebou nou staan aan ons familie behoort, maar is toe verruil vir 'n Basothoponie.
Daar was blykbaar 'n man in ons voorgeslag met die naam Stephanus Johannes Paulus Kruger du Toit.
My pa se E-pos adres is willemd@netactive.co.za en hy mag dalk van meer hulp wees.
Groete
Adéle Coetzee

     3.4. 5

TUISBLAD